Fashion & beauty

Profile Hair Studio maak jou drome waar

Profile Hair Studio maak jou drome waar

Onthou, die hare van tydskrifmodelle se dikte en tekstuur is anders as joune en dit maak ’n reuse verskil in die eindresultaat.

Dit is elke skoolmeisie se droom om op haar matriekafskeid te lyk asof sy sopas in die nuutste Instagram-filter geval het.

En by Profile Hair Studio in die Fountain Corner Sentrum kan jy nie nét jou like -telling op sosiale media opstoot nie, jy sal ook met ’n reuse glimlag die haarsalon verlaat!

Monique de Lange is aan die stuur van sake hier en die salon se vriendelike en kundige personeel (drie stiliste en twee operateurs) sal jou sommer vinnig op jou gemak laat voel. Want ’n meisie (en ook die manne) voel en lyk op hul beste wanneer hulle op hul gemak is.

Monique is vir die afgelope 10 jaar in Middelburg en het haar haarsny-erekleure (as jy wil) by Tshwane North College en ’n salon in Pretoria verwerf.

Haar Middelburgse salon maak egter nie net voorsiening vir blinkoog-matriekmeisies nie – jonk en oud geniet voorkeuraandag by die stiliste.

Een van Profile Hair Studio se sterk punte is juis dat hulle oorgenoeg individuele aandag aan hul kliënte gee; daar is dus geen vervoerbandbenadering wanneer jy hulle besoek nie!

Wanneer Monique nie besig is om hare met haar skêr te kloof nie, sweet sy by CrossFit Middelburg se box en woon haarsalonwerkswinkels by. Sy gaan immers weer die komende naweek die #Matrixcolorfestival bywoon, waar die wêreldbekende Danielle Keasling ’n sessie gaan aanbied.

Tydens ’n besoek aan Profile Hair Studio kry jy gereeld koffie en tee. Maar sodra jy uitstap, kan jy gerus ’n vonkelwynglasie of twee klink; jy sal meer as tevrede wees met hoe jy lyk!

* Volg hulle op Instagram by @profilehairstudio en gaan smaak hul Facebookbladsy (Profile Hair Studio) vir meer foto’s en spesiale aanbiedinge.

Monique se wenke vir ’n perfekte matriekafskeid!

• Kies ’n styl wat by jou pas en wat jou persoonlikheid weerspieël. Jou metgesel wil immers nie skrik as hy jou sien nie!

• Modes verander gedurig. Kies dus iets sags en natuurlik, sodat jy nie met jou tienjaarreünie jou kop skud wanneer jy na jou foto’s kyk nie.

• Onthou, die hare van tydskrifmodelle se dikte en tekstuur is anders as joune en dit maak ’n reuse verskil in die eindresultaat.

• Die sterre maak gewoonlik van haarverlengings gebruik wanneer hulle op die rooi tapyt verskyn. Kies iets wat by jou haarlengte en tekstuur pas sodat dit nie jou ouers ’n plaas se prys kos nie.
• Hou in gedagte dat ’n vlegsel op ligter hare gewoonlik meer uitstaan, terwyl dit op donkerder hare wegraak.

• ’n Proeflopie vooraf sal seker jou senuwees paai, maar soms is dit ’n onnodige uitgawe. Gesels eerder met jou haarstilis – buitendien lyk hare nooit twee keer dieselfde nie!

• Hare wat ’n dag voor die tyd gewas en uitgeblaas is, werk makliker as wanneer jy dit op die dag was.
• Iets vir die kêrels!

Sny jou hare eerder ’n week voor die matriekafskeid. Sodoende lyk jou hare nie té vars gesny nie en jy gee vir jou meisie meer ruimte tydens haar besoek by die salon.

Kom loer egter wel in vir ’n vinnige stylering op die dag. Dit neem net vyf minute – ons weet julle sukkel maar met dit!

 

Get it Middelburg – October 2018


View magazine

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.