People

Dis volla van der Merwe

Dis volla van der Merwe

Old Boys het meer impak as ‘n goeie grappie…

Die Nashua Middelburg Old Boys is sinoniem met liefdadigheid en kookwaterrugby. Die groep spelers laat nie net drieë op die rugbyveld reën nie – hulle is die permanente wenners van die Tshwane en Johannesburg Tens-toernooie – maar hulle teken ook gereeld punte op die lewenstelbord aan.
Die Old Boys het al vir glimlagte op talle siek kinders se gesigte gesorg en gehelp om hul mediese uitgawes te dek.
Nou het hulle ’n 1964 afslaankap Volkswagen Volla wat hulle wil uitloot om geld vir liefdadigheid in te samel.
• Die kaartjies kos R100 en is by enige Old Boys-lid beskikbaar. Julle kan gerus die sosiale media (Facebook: @mobrugby; Instagram: @mobrugby; Twitter: @mobrugby) dophou vir meer inligting.
• Die Volla sal ook gereeld by besighede en restaurante geparkeer word. Eienaars kan dan aansoek doen om die motor by hulle uit te stal en hulle is dan verantwoordelik vir die kaartjieverkope.
• Op die foto is Talita van Rooyen. Sy en haar man, Marius, is CrossFit-entoesiaste. Sy het duidelik die vermoë om selfs ’n opgeknapte Volla baie beter te laat lyk.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.