Food & Wine

Pieter se Blue Print die beste

Pieter se Blue Print die beste

’n Oud-leerling van HTS Middelburg, Pieter Malan (26), se restaurant is pas aangewys as die algehele wenner in Mpumalanga vir ’n nuwe bistro deur die Eat Out resensente!

Pieter het in Maart 2017 sy eie restaurant in Witrivier geopen met die naam, “The Blue Print” en staan bekend as ‘Sjef P’.
Koskenners het anoniem in sy restaurant kom eet en die publiek se stemme het ook getel nadat hy genomineer is vir hierdie spesiale toekenning.
Die prys as beste bistro is aan hom oorhandig tydens ’n gala-aand in Johannesburg.
Middelburgers sal Pieter onthou as bestuurder by die Spur groep, asook as sjef by Ginelli’s en Angie’s Coffee Shop.
Hy het sy hoërskoolloopbaan aan HTS Middelburg voltooi waar hy vanaf graad 10 in HTS se heel eerste hotel- en spysenieringklasse was.
Pieter het aan verskeie kompetisies deelgeneem soos die Global Pizza Challenge asook Bring en Braai.
Hy het ’n spesiale boodskap vir sy almal mater hier in Middelburg. “Lewe vir jou droom, al kos dit opoffering. Dankie aan elke Middelburger wat my steeds ondersteun en aanspoor.”
• Pieter is getroud met Michelle en hul eersteling, Zion, is in Desember, sewe weke te vroeg, gebore.
• Sy ouers, Middelburg inwoners, Magdel en Eric Ryan, is baie trots op hom en wens hom alles van die beste toe met sy restaurant.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.