Kids

Waardeweek verryk leerlinge

Waardeweek verryk leerlinge

Laerskool Kanonkop het in die laaste pylvak van die jaar ’n spesiale Waardesweek by die skool aangebied. Mnr. André Janeke het hierdie lofprysings- en waarde konsep saam met me. Jeanie Schnetler (jeugwerker by die skool) aangebied.

Hy het gesê dat die idee gekom het van ’n gemeentelid van die Corpus Christi gemeente en daar is aanvanklik by Laerskool C.R. Swart daarmee begin.
Hierdie Waardeweek behels die aanspreek van waardes, lofprysing en dan uiteindelik die gehoorsaamheid tot God.
Die week is aangebied met die hulp van “Basjan”, toneelopvoerings en lofprysing saam met mnr. Erich Posthumus (van die ‘Goeie Nuus Fabriek’) en die uiteindelike Bidbeertjieprojek, waar daar bidbeertjies vir die graad een’s gegee is.
Mnr. Janeke sê hy het ’n besondere visie vir ons land dat mense weer in gehoorsaamheid moet terugkeer na God. “Dan sal die Here ons land weer seën.”
Dit is belangrik dat daar met kinders hierdie konsep begin word en moet oorspoel na ander skole en kleuterskole ook.
Mnr. Janeke sê daar is spesiale waardeprogram wat ook by besighede gedoen kan word.
Persone wat deel wil word van hierdie projek, kan mnr. Janeke bel by 084 503 8221.
• Mnr. Posthumus en sy gesin, vroulief Lizette en kinders Bernard (13) en Zoey (10) toer regdeur die land met hul “Goeie Nuus Fabriek”.
Hulle fokus op die waardes in skole en die opbou van gesinsstrukture. Hy het gemeld dat hulle met gemiddeld 50 000 kinders werk by skole, kerke en kampe.
Vir meer inligting, besoek hul webtuiste by www.gnf10.co.za of bel hom by 083 419 6262 of stuur ’n e-pos na erich20@absamail.co.za

 

Get it Middelburg/eMalaheni Jan 2018


View magazine

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.