Latest News

Armand is bedoel vir groot verhoë

Armand is bedoel vir groot verhoë

“Jy is die mooiste ding wat van Witbank afkom” Hierdie woorde van die bekende rockster Karin Zoid, het die hele eMalahleni laat regop sit tydens verlede seisoen se ‘The Voice’.

Armand Joubert het op die verhoog gestaan en ondeund begin glimlag toe een van die beoordelaars, Bobby van Jaarsveld, ook ’n oud inwoner van eMalahleni opspring, kapsie maak en sê hy is ook van die Steenkoolstad af. Dié jong man met die kenmerkende swart hoed het net daar kykers se harte gesteel.
Dit voel soos gister toe Armand tydens die 4-Werke toer van Nicholis Louw, Elizma Theron, Monique en Ray Dylan in 2012 gemaak het dat die gehoor stil geraak en hul asem opgehou het tydens sy vertolking van die bekende Prince lied ‘Purple rain’. Dit was die naaste aan perfek wat iemand nog ooit daardie lied vertolk het.
Armand het ’n tydjie afgeknyp om saam met Get It te kuier en meer te vertel oor waar hy vandaan kom en wat in sy wêreld aangaan.
“My heel eerste probeerslag agter die mikrofoon was toe ek Tiny Bubbles van Don Ho op vyfjarige ouderdom gesing het. My ma, Janneke het my gehoor sing en vandaar was daar net geen keer nie.”
Armand het sommer ’n dubbel-dosis musiek gekry. Pa Henk en ma Janneke is self gekonfyt agter die mikrofoon.
Vier jaar later is hy gereeld gevra om op troues en by winkelsentrums te sing en het hy die kans gehad om die verhoog saam met Country legende Alan Ladd te deel.
As tjokkertjie het hy by Laerskool Klipfontein skoolgegaan en reeds daar het die sertifikate en trofee vir sang ingestroom.
“Die lekkerste was die hoofrol in die skoolproduksie waar ek St Lancelot gespeel het. Ek moes ‘All I ask of you’ van Phantom of the Opera en ‘Somewhere over the rainbow’ baasraak.”
Armand se hoërskool loopbaan by Hoërskool Generaal Hertzog het skaars afgeskop toe hy tuisonderrig begin doen om meer op sy loopbaan te konsentreer. En dit het vrugte afgewerp. Henk is sommer ingespan as Armand se bestuurder.
In 2013 het Armand regoor Suid-Afrika opgetree. Van Firkins tot in St Helenabaai. Armand was ook in ’n duo groep gewees saam met ‘n baie talentvolle dame Louca, saam was hulle Kruisbande en het regoor die land opgetree.
Armand het begin leer kitaar en klavier speel en het ook sy eie liedjies begin geskryf. Sy de-buutalbum; ‘Drome word waar’ het goeie resensies ontvang. Vir nou is Armand se dagboek vol geboek. Hy was tot in November besig met The Voice SA reunited-toer en hy skryf liedjies en neem op vir ’n vale.
Dié jong sanger van eMalahleni gaan nog op groot verhoë optree. Ten spyte van die flitsende kameras en onderhoude bly hy nederig.
“Alles is te danke aan God, Hy is my stem, my akkoorde en my woorde.”

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.