Food & Wine

Gerrie se bobaas kerriepot

Daar is niks so lekker soos ’n kerriepot om saam met die gietende reën te geniet nie.  Get It het gaan aanklop by mnr. Gerrie Labuschagne, ingenieur van Columbus Stainless, wat sy eie gepatenteerde vlekvrye staalbraais bou vir sy gunsteling potresepte vir die kole.
Gerrie sê hy is lief vir Indiese kosse en hy het dié resep by ’n Durbanse chemiese ingenieur wat ’n ruk lank by Columbus werksaam was gekry.
Hyself hou van ’n lekker branderige kerrie, maar dié resep kan op individuele smaak aangepas word. Jy benodig slegs ’n nommer 2 pot.
Die resep werk natuurlik die beste op een van Gerrie se bobaas Bri It braaiers waaroor elders in die uitgawe van Get It berig word. Jy sal die volgende nodig hê vir dié kerriepot op die kole.

Bestanddele en metode:
2 Uie en ’n koppie anys gebraai in 2 eetlepels kokos-neutolie.
Sodra die uie en anys braai, breek 10 kardemom sade en gooi die sade in die pan.
Gooi 1 kilogram vleis van jou keuse, verkieslik van die been af in, en braai tot dit kleur het.
Hierna word die Indiese kerrie ingegooi na smaak.
Voeg 3 opgehoopte eetlepels geroosterde Dhania by.
Voeg 3 opgehoopte eetlepels garam masala by.
Sny 6 tot 8 rooitamaties op en voeg by.
Strooi 2 eetlepels suiker in en geur met ’n skeut balsamiese asyn.
Vir ekstra volume kan 6 medium grootte aartappels gesny en bygevoeg word hoewel Gerrie sy pot daarsonder maak.
Gerrie sê ander groente kan ook na smaak bygevoeg word.
Op die Bri It kook die pot een uur tot murgsag.
Gerrie vra sy bakker om vir hom halwe brode te bak, wat hy dan uithol en voorsit as Bunny Chow

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.