Latest News

Bianka is binne en buite mooi

Bianka is binne en buite mooi

Wie sou nou kon raai dat die liefde in Binnelanders blom en ’n nooi van eMalahleni dié troue moet reël.  “Ek sê nie ’n woord verder nie,” vertel Bianka Snyman laggend.

Bianka kan gereeld gesien word in Binnelanders, en in die laaste rol wat sy gekry het speel sy die rol van ’n trou organiseerder, maar sy weier volstrek om te fluister wie die troupaartjie is.
“Dit was my kleindogtertjie droom om eendag ’n aktrise te wees, maar ek het nooit drama gaan swot nie. Maar toe ’n vriendin my ’n paar maande terug nooi om saam te gaan as ’n ekstra vir ’n sepie-opname het ek ingestem voordat sy nog haar sin kon voltooi.”
Bianka het daar en dan by ’n agentskap aangesluit en die rolle het begin instroom.
Behalwe vir Binnelanders is sy ook gekies vir ’n hoofrol in die Clientele Legal advertensie wat tans op die skerm is. Daarin speel sy die rol van ’n prokureur. Dan is daar ook die Solidariteit en Fedhealth advertensies wat op verskeie media mediums uitgesaai word. En dit hou nie daar op nie. Bianka speel ook as ’n ekstra in ’n Deense fliek wat in Suid-Afrika verfilm word.
“Dis baie interessant om agter die skerm te wees en te sien hoe alles werk. Ek geniet die produksie en akteurs, almal is baie vriendelik en professioneel.”
Bianka verkies advertensie werk omdat elke advertensie anders is en elkeen sy eie uitdagings het. Sy moes al berge uitklim, geduik word deur ’n ander akteur en het ook al 06:00 in die oggend in die middel van die winter langs die rivier troue gehou sodat dit lyk soos ’n laat middag sonsondergang. Die oudisies hou haar lekker besig.
Tussen alles deur vind sy nog tyd om projekte te doen vir Solidariteit Helpende Hand, die organisasie wat help om armoede te voorkom, verlig en te verbreek. Bianka staan haar skoene vol as projekleier.
Dan wentel die gesprek in ’n heel ander rigting en jy kom vinnig agter Bianka is ook gekonfyt in modelwerk.
Sy het 15 jaar model ondervinding en was self in 2002 vir twee maande in Europa vir modelwerk. Dis ook oorsee waar sy haarself baie goed leer ken het en vinnig moes besluit of sy gaan toelaat dat die industrie en al die druk en vereistes van diëte haar gaan onderkry.
“Ons is almal uniek geskape deur God. Dit maak nie saak wat die wêreld van jou dink nie. Die belangrikste is dat jy voor God geen masker hoef te dra nie.”
Sy en manlief, Frikkie en hul twee woelwaters Kaylem (7) en Duné (5) het onlangs Rustenburg vir eMalahleni verruil.
As gesin ry hulle baie rond en verken nuwe plekke en Bianka kan skaars haar opgewondenheid inhou terwyl sy vertel van hul vakansie in Indië wat voorlê.
Intussen lees sy gereeld en is mal oor fliek. En as jy so na haar rietskraal lyfie kyk wonder jy onwillekeurig waar sy Frikkie se biltongpotjie en haar ouma se wit sjokolade koek, haar gunsteling gereg en koek, inpak.
So ’n laaste stywer in die armbeurs, daar is seker ook ink in Bianka se are. Sy is een van die medeskrywer van die God is Groot Christelike dagboek wat vroeër vanjaar gepubliseer is.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.