Food & Wine

Werner se veerligte skons

Werner se veerligte skons

Werner Nienaber het Get It dié maand verras met ’n baksel van die lekkerste skons. Dié het hy voorgesit met styfgeklopte vars room en aarbeikonfyt. Werner het vertel dat dié resep uit die hartjie van Engeland kom waar ’n ou tannie hom touwys gemaak het om die skons veerlig te maak. 

Bestanddele:
4 koppies koekmeel
8 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout
3 eetlepels strooisuiker
8 eetlepels margarien of botter
2 ekstra groot eiers
150 ml vars room
Ongeveer 350ml melk
Sap van een suurlemoen
1 eiergeel gemeng in een eetlepel water en een eetlepel melk

Metode:
1. Verhit oond tot baie warm 240 grade celsius.
2. Sif die droë bestanddele saam.
3. Vryf margarien met vingerpunte in die meelmengsel.
4. Klits eiers, room en suurlemoensap saam en voeg by meelmengsel. Roer liggies deur.
5. Gebruik die melk om ‘n sagter deeg te vorm wat nie te styf of te nat is nie. Meng slegs tot al die bestanddele bymekaar kom. Moet nie oor-meng nie.
6. Druk die deeg met jou hande op ‘n meel-bestrooide oppervlak uit tot om en by 3cm dikte. Rol dan liggies met ‘n koekroller totdat die oppervlakte glad is.
7. Druk verlangde grootte skons met ‘n drukker uit en smeer met eier, water en melk mengsel.
8. Bak 12 minute tot gaar of goudbruin bo-op.

Variasies:
* Vir ‘n sout skon, gebruik slegs een eetlepel strooisuiker en voeg 1 koppie gerasperde kaas en 1/2 teelepel mosterdpoeier by die meelmengsel.
* Om ‘n laktose-vrye skon te bak, gebruik 400ml klapperroom in plaas van die melk en vars room.
* Vir ‘n ligter skon, gebruik slegs 400ml melk in plaas van room.
* Maak ‘n skon-wiel en rol die deeg met ‘n koekroller uit tot 1cm dikte. Gebruik dan enige sout vulsel soos byvoorbeeld kaas en Marmite of gemaalde vleis gereg en smeer oor die area van die uitgerolde skondeeg. Rol op en sny in wiele. Bak teen 190 grade celsuis vir 30 minute of tot gaar.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.