People

Tafels uit stompe, juweelkissies uit vyfsente

Tafels uit stompe, juweelkissies uit vyfsente

Rista de Bruin se huis is ’n kunstenaars uitstalling met werke uit haar eie hande. In dié hoek staan ’n interessante boomwortel tafel. Daar staan geskulpte kersblakers en op die koffietafeltjie pryk ’n juweelkissie, gemaak uit vyfsente.

Jy voel so waarlikwaar of jy ’n Alice in Wonderland is, wanneer jy deur Rista se huis stap met al die unieke artikels wat sy deur die jare gemaak het.
In alles wat ander as “gemors” sou sien, sien sy iets nuuts wat sy kan maak.
“Ek is ’n vergaderaar,” vertel sy laggend as mense verbaas na al die artikels kyk wat sy in haar spaarkamer in kaste en op rakke hou vir haar interessante kuns-werke.
Neem nou maar byvoorbeeld die houer waarin klein artikels gehou kan word.
Stap jy nader om dit te beskou, vertel sy dat dit gemaak is uit Tunablikkies, wat sy aanmekaar geplak en aan die buitekant met skulpies afgewerk het.
Rista het 15 jaar gelede besef dat sy ’n kunsstreep het. Sy het nooit enige kuns-agtegrond gehad nie, maar het in alles iets gesien wat sy kan skep.
Sy het derduisende skulpies wat van rame tot houers moet versier. Net nou die dag moes sy vinnig ’n kersblaker met ’n twee liter bottel, karton en skulpe aanmekaar slaan toe die krag uit is.
Die dag toe vyfsente onbruikbaar ge-raak het, het Rista dit vir haarself bruikbaar gemaak.
Sy het hulle blinkgevryf en allerlei ornamente gemaak. Selfs een van die koffietafeltjies het ’n vyfsentblad wat met vernis behandel is.
Manlief se ou oorpakke en werkskoene is afgesny en is nou unieke plantstaanders wat die stoep by die woonstel versier.
In haar kaste is dosyne juweelstukke, wat sy soms opbreek om weer ander te maak as die gier haar pak.
Van haar uniekste werke is egter die boomknoetstafels wat dadelik jou oog vang as jy instap.
Haar familie wéét al, as dit “boomworteldag” is, gaan staan alles doodstil, want Rista is opsoek vir ’n stomp met wortels om aan te werk.
Sy het kraggereedskap waarmee sy aan die boomwortels werk.
Dit is beslis nie net van afskuur en vernis nie! Die hele boomstomp en wortels word uitgehol om te verseker dat dit nie swaar is of goggas dra nie.
Daarna word alles netjies afge-skuur, behandel en vernis. Sy het nie ’n waterpas nie, maar sorg dat alles mooi sekuur staan deur dit te skat met ’n boks.
Die glasblaaie laat sy sny deur die vorm sommer op ’n stuk Middelburg Observer uit te sny.
Rista sê sy werk soms tot drie maande aan ’n tafel en dit is baie terapeuties.
“As ek klaar is met daardie stomp, is dit ’n heilige stomp, want alles wat ek voel terwyl ek daarmee werk, word daarin vasgekap.”
Haar grootste liefde is die houtstompe.
Sy het nog nooit enige van haar werke verkoop nie.
Mense wat by haar wil leer hoe om uit enigiets ’n bruikbare artikel te maak, is welkom om haar te bel by 072 552 4973.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.