People

Kaalvoetgeheime met ‘Barefoot Secrets’-boek

Kaalvoetgeheime met ‘Barefoot Secrets’-boek

Mardeen Stoltz het pas haar eerste boek “Barefoot Secrets” bekend gestel om die kennis wat sy deur die jare opgedoen het in ’n neutedop te deel. Meer as 28 jaar gelede het Mardeen begin praktiseer as ’n refleksioloog. Gedurende die 28 jaar het sy haarself gekwalifiseer in verskeie ander modaliteite in die gesondheidsveld. 

Mardeen het vir vyf jaar navorsing gedoen en nuwe inligting bekom en sy noem hierdie baanbrekerswerk die “Embriologiese-Refleksiologie Konneksie”. Dit is ’n hele nuwe ontdekking in refleksiologie en fokus op nuwe moontlikhede wat die benadering tot siektes verander en wat ook die fokus plaas op die voorkoming van siektes.
Met haar nuutgevonde kennis het sy nuwe kaarte ontwikkel wat nou wyd deur ander refleksioloë gebruik word as bykomende hulp tot die tradisionele kaarte. Sy bied kursusse aan vir ander refleksioloë om die gebruik van die kaarte te verduidelik. Mardeen sê sy het besluit om ’n boek te skryf omdat haar kliënte haar gevra het om haar kennis met hul te deel en omdat sy ’n passie het om mense te help om hulself gesond te hou. Sy glo in die voorkoming van siektes en deel van haar ervarings deur middel van “case studies”.
“Ek diagnoseer nie siektes nie, maar sien wel hoe die persoon die siekte ontwikkel het met verkeerde leefstyl, swak gewoontes, negatiewe denkwyses en verkeerde eet- en drink gewoontes. Dit ontstaan as gevolg van te min en verkeerde informasie soos byvoorbeeld dat daar een dieet vir almal is. God het elke person uniek gemaak, daarom glo ek dat daar nie een dieet vir almal is nie. ’n Spesifieke dieet wat vir een person wondere doen, kan vir die volgende persoon die teenoorgestelde doen. Bruikbare informasie aangaande ander aspekte van ons eetgewoontes word ook in die boek bespreek.”
Mense is ook onbewus van die gevare wat in verwerkte kos skuil en sy lê dit bloot deur wetenskaplike bewyse uit te lig wat deur mediese dokters gedoen is.
Mardeen het die boek opgedra aan al die “Kaalvoet Genesers” van die verlede, hede en toekoms.
Want hul werk passievol om mense te help, baie keer sonder erkenning.
Sy bedank elke persoon wat haar passie ondersteun het en elkeen wat hul voete voor haar neergesit het vir refleksologie behandeling, dit het haar geïnspireer om meer te weet en nog groter hoogtes te bereik.
“Ek wil graag mense toerus om beter keuses te maak aangaande hul gesondheid. En wil hul bewus maak van ’n baie belangrike orgaan (die din- en dikderm), want die Engelse gesegde so mooi beskryf: ‘death starts in the colon’. Mens moet jouself en jou liggaam lief genoeg hê om verantwoordelike keuses te maak is die boodskap, want God het hierdie liggaam net een keer vir ons as Sy Goeie Handewerk gegee. Hierdie liggaam het derhalwe ’n inherente vermoë om homself te genees…godgegewe!”
’n Paar mense wat die boek gelees het, het reeds van hul laat hoor: “Dit is ’n awesome boek, dis boeiend om te lees en moeilike wetenskaplike informasie word verstaanbaar verduidelik. Dit gee weer nuwe inspirasie om die klein veranderinge in jou leefstyl te maak wat ’n groot invloed op jou gesondheid het.” En ook van ’n volgende persoon: “Mardeen, jy het my wakker gehou, ek het die boek deurgelees … kon dit nie neersit nie! Hoekom het jy dit nie lankal geskryf nie? Jy verdien die hoogste lof vir die puik werk. Kan nie wag vir die volgende boek nie!”
’n Groot dankie gaan aan haar Skepper wat haar die talente, passie en geleentheid gebied het.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.