People

Voorbladnooi eintlik ‘n mevrou!

Voorbladnooi eintlik ‘n mevrou!

Jacomien Jacobs wil ‘n verskil in ander se lewens maak.  Sy is ‘n finalis in die mevrou Mpumalanga kompetisie, ‘n somatoloog, organiseerder van die “I am” Vrouenaweek, vrou van ‘n boer, inspirasie en en en…

Ons voorbladnooi, die beeldskone Jacomien Jacobs, is nie ’n model vir een of ander bekende wêreldbekende modelhuis nie, maar ’n getroude vrou op die platteland wat graag ’n verskil in ander se lewens wil maak.
Boonop is sy ’n finalis in die mev. Mpumalanga kompetisie.
Jacomien en haar man, Carl, bly op ’n plaas in die Belfast omgewing, waar hy voltyds boer. Jacomien is die eienaar van die besigheid, Carlomien Beauty & Bridal, op Belfast.
Sy is ’n gekwalifiseerde somatoloog (skoonheidsterapeut) en sal binnekort ook ’n gekwalifiseerde haarkapster wees.
Jacomien sê sy werk nog altyd daaraan om ander vroue te inspireer deur haar werk en lewe.
Inskrywings vir haar projek, “The Crowning Moment” – the complete make-over” sluit op 30 September.
Fondse wat met hierdie projek geïn is, sal geskenk word aan Bybelverspreiding en die “I am” Vrouenaweek.
Jacomien is die organiseerder van hierdie naweek en ook ’n spreker by dié vrouenaweek “waar vroue opgebou, geïnspireer en hoopvol terug na hulle normale omstandighede terugge-stuur word.”
Mev. Mpumalanga se slagspreuk is “Sassy, Sensual, Smart” en Jacomien sê sy kan haar daarmee vereenselwig.
“Skoonheid kom nie net van buite nie, maar van binne ook. Ek glo alle vroue is mooi, uniek en spesiaal, al is jy ’n boer se vrou in die platteland.”
Sy sê die Mev. Mpumalanga kompetisie inspireer ander vroue om in hulself te glo en laat vroue groei in hul omstandighede om hulle drome te bewaarheid.
• Volg Jacomien op haar Mev. Mpumalanga Facebookblad, en “like” die oorspronklike Mev. Mpumalanga blad.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.