People

In konneksie met Martin

In konneksie met Martin

Die boorling van eMalahleni, Martin Venter se talente het geen grense as dit kom in die kunstewêreld van Suid Afrika nie.

Hy is nie net meer bekend as die kelner in Egoli Plek van Goud nie maar is deesdae huishoudnaam wat die silwerskêrms aanbetref.

Die jongseun wat in die Get It-lesers se harte gekruip het met sy blouogies en groot drome jare terug, maak deesdae opslae waar jy kyk. Die keer as ’n talentvolle en suksesvolle kunstenaar wat se naam van almal se tonge afrol met sy nuutste verwikkelinge.

Een van Martin se trotste en onlangste projekte, aangepak saam die pragtige Chanelle de Jager is die kort film, Konneksies. Nie net is hy die medeskrywer van die film nie maar ook ’n mede-akteur in hom.

“Die film is al in 2015 bekend gemaak en het die ‘Audience Choice’ toekenning by die Silwerskêrmfees gevat. ’n Toekenning by die International Film Awards in Berlin en ook ’n ‘Award of Excellence’ by die Best Shorts kompetisie in 2017. So ek loop al ’n langpad saam ‘Konneksies’. Maar my trotste oomblik was toe die nuus breek dat die film genommineer is as beste kortflim by die SAFTA (South Africa Film and Television Awards). Ek meen dis soos om genommineer te word vir Suid Afrika se ‘oscars’,” vertel hy lag-lag en trots oor die sukses van die rolprent.

Hy beskryf die hele opset van die skryf tot opmaak van die film was dié tyd van sy lewe, iets besonders. “Net die manier hoe die gehoor die film met ope arms ontvang het, bom nogsteeds my brein,” sê hy so deur ’n lag deur.

Vir Martin stop die tonele van sukses nie hier nie soos hy begin vertel van die nuutste projekte wat hy aanpak asook in die pyplyn het.

“Al wat my laat aanhou en uithou met so baie geleenthede op eenslag, is kos. Ek moet eet! Maar ek  maak ’n grap!” skaterlag hy aan.

“Maar nou op ’n erenstige noot.

Afgesien van my rol by my Casting Director Studio, Typecast in Kaapstad , sien ek vreeslik uit na die opkommende werkswinkel genaamd The Actor’s Toolbox,  wat ek en Chanelle de Jager gaan aanbied vir ’n tweede rondte. Die werkswinkel is oor ’n tydperk van vyf dae. Dis om aspirante akteurs voor te berei vir dié industrie. Die jaar se lektors sal onder andere Suzelle DIY, Schalk Bezuidenhout en Paul du Toit wees.”

Martin lewe om stories te vertel en kan gelukkig sê hy staan elke liewe dag op met ’n lied in sy hart en dalk net ’n storie wat saam dit gaan en ’n ocsar daarna, wie weet?

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.