Food & Wine

Ingelegde kerrievis

Ingelegde kerrievis

Wat is beter as om jou vleisdisse af te wissel met ’n bord lekker kerrievis met broodjies?

Sarina Nel weet hoe om kerrievis voor te berei en het Get It met ’n bak heerlike vis bederf.

Haar resep is:

Bestanddele:

3 kg stokvis
1 koppie koekmeel
4 ekstra groot eiers (geklits)
250 ml olie
Sout en pepper

Kerriesous bestanddele:

10 groot uie geskil en in skywe gesny
10 koppies water om uie skywe op te kook
2 koppies bruinsuiker
1 koppie water en 750 ml bruin asyn
3 eetlepels warm Rajah kerriepoeier
3 eetlepels medium Rajah kerriepoeier
1 eetlepel mild en spicy Rajah kerriepoeier
6 lourierblare of suurlemoenblare
15 peperkorrels
3 naeltjies

Metode:

1. Plaas vis in ’n bak, meng met geurmiddels en meel.
2. Verhit die olie in braaipan. Plaas die vis in geklitse eiers en sit direk in warm olie, braai vis vir ongeveer 5-7 minute aan elke kant tot goudbruin. Verwyder uit die olie en dreineer.

Sous:
3. Kook die uieskywe in 10 koppies water vir ongeveer 3-5 minute en dreineer.
4. Plaas gedreineerde uieskywe terug in die pot en sit al die sous bestanddele by. Kook alles saam vir verdere vyf minute.
5. Plaas die helfte van die vis op bodem van ’n diep opdienbak, giet die helfte van uiemengsel oor vis en herhaal met vis en sous.
6. Plaas oornag in ’n yskas sodat geur kan deurtrek.

Bediening:

Bedien vis met hot cross buns, broodrolletjies of kapokaartappels.
Verwyder lourierblare voor opdiening.
Geniet kerrievis verkieslik koud uit die yskas.

Variasies:

Vervang stokvis met vars Kaapse snoek dit is net so lekker.
Speserye soos koljander en komyn kan ook gebruik word.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.