Food & Wine

Klassieke Quiche vir daardie vinnige ete

Klassieke Quiche vir daardie vinnige ete

Al het jy net ’n halfuur of so om ete te maak, kan jy nog steeds ’n smullekker gereg uit die boonste rakke opdien.

Get It het by Ronel Terblanche van The Blue Room gaan kers opsteek om meer uit te vind oor haar Quiche resep wat almal so gaande het.
“Hierdie is ’n ou gunsteling en die verskriklik baie maklik om te maak. Die lekker van die resep is dat jy self kan eksperimenteer en jou eie ‘megaftertjies’ byvoeg,” het Ronel gesê terwyl sy die Quiche in die oond gesit het.

Bestanddele:
12 Eiers
½ Koppie room
¼ Koppie melk
2 Tafellepels pietersielie
2 Tafellepels Basil
Sout en peper na smaak
1 Koppie kaas
250g Spek fyn gesny
1 Fyn gesnyde koppie broccoli of spinasie
1 Fyn gesnyde tamatie
½ Koppie fyn gesnyde uie

Metode:
Meng alles saam en bak vir 20 tot 25 minute.

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.