Travel & Outdoors

4×4 Dag vir XP

4×4 Dag vir XP

Die jaarlikse “Amazing 4×4 dag” by Olifants Rivier Lodge ten bate van die Xeroderma Pigmentosum Vereniging word op 17 September vanaf 08:30 aangebied.

Extreme Outdoor League en Olifants River Lodge bied hierdie die 4×4-dag aan en inskrywings beloop R350 per voertuig.

Daar word in kortas- en langasafdelings deelgeneem en voertuie ry op ’n voorgee-sisteem.

The Water Guys sal seker maak die manne word nie dors nie, deur twee botteltjies water per voertuig te skenk.

Die baan is deur ’n professionele 4×4 maatskappy uitgelê en 4×4 entoesiaste kan inskryf tot die dag voor die kompetisie.

Vir enige navrae rakende die 4×4 kompetisie, bel André de Clerk (van Low Range 4×4 Academy) by 082 322 5538.
Toegang is R10 per persoon en worsbroodjies en koeldrank sal te koop wees.

Toeskouers van die 4×4 dag, is welkom om ook tussendeur by Olifants te gaan inloer en gebruik te maak van hul netjiese fasiliteite, soos die kiosk, swembaddens, waarvan een ’n verhitte binnenshuise swembad, en restaurante.

Vir die kleingoed is daar ’n springkasteel en die kleuters kan vir ure gaan speel by Ollie’s Play Pen.

Nie net die wenners van die 4×4 kompetisie is verseker van pryse nie. Vir slegs R50 per lootjie staan almal die kans om ’n naweek vir vier persone by Olifants te wen.

Almal wat deelneem aan die 4×4 dag en besluit om die naweek by Olifants deur te bring, kwalifiseer vir 20% afslag.

Na afloop van die 4×4 dag, beweeg almal na Olifants waar die prysuitdeling om 18:00 in die Enkulu Konferensiesentrum volg.

Hiertydens sal bekende sangers Billy Forrest en Dalene, bekend as ‘Cowboy & Lady” optree, asook akteur Johan Scholtz (ambassadeur XP) en Henco du Toit (sanger).

Die kompetisie word aangebied ten bate van Xeroderma Pigmentosum en alle fondse sal aan hulle oorbetaal word. ’n Groep XP-pasiënte sal die 4×4-dag bywoon en die naweek by Olifants bederf word.

Vir enige navrae of inskrywings vir die 4×4-dag, bel Priscilla of Susan by 013 243 9401 of 082 892 3029.

• Xeroderma Pigmentosum is ’n genetiese son-sensitiewe velafwyking en lyers moet ten alle tye beskermende klere en sonskerms dra as hulle buite kom, anders kry hulle dadelik velkanker.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.