Entertainment

De Voetpadkloof Oord spog nou met ’n verhitte swembad en rumatiekbad

De Voetpadkloof Oord spog nou met ’n verhitte swembad en rumatiekbad

De Voetpadkloof Oord, geleë in die Loskopvallei, het hulle geriewe opgeknap om besoekers selfs ’n nóg beter ervaring te gee.

“Ons het reeds die restaurant opgradeer en ons verhitte swembad en rumatiekbad is klaar gebou en reg vir besoekers. Daar is nuwe kleedkamers by die swembad gebou, ’n nuwe drankwinkel en ’n nuwe kiosk waar jy enige iets van vuurhoutjies en koerante tot wynstaanders en brood kan koop,” sê die uitvoerende direkteur, mnr. Koos Kleinsmith.

Daar is talle aktiwiteite op die pragtige natuurskoon oord – van visvang en staproetes tot voëlkyk en ’n teetuin.

“Ons staproetes en begeleide wildsritte bring ons besoekers nader aan die wilds – en natuurlewe. De Voetpadkloof is weg van die stad se gedruis af, maar steeds in die samelewing.”

Hulle professionele, vriendelike personeel is daar om enige ongerief uit die weg te ruim om die bosveldkuiertjie so gemaklik en veilig as moontlik vir jou te maak.

• Besoek gerus hulle webblad vir meer inligting by www.devoetpadkloof.co.za of skakel hulle by 013 245 8500.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.