Galleries

HGH en HTS se ‘ou manne’ wys hul slag op die rugbyveld

Oud-eerstespan spelers van Hoërskool Generaal Hertzog en die Hoër Tegniese Skool, Witbank het mekaar onlangs weer op die rugbyveld gegroet.

Die gees op 13 Mei het hoog geloop, terwyl die ‘ou manne’ gewys het hulle het nog ’n slag op die rugbyveld, al was die asems soms bietjie min en is daar hier en daar ’n steun en kreun gehoor.

Die wedstryd, wat in baie goeie gees gespeel is, het geëindig op ’n telling van 29-26 in HTS se guns.

 

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.