Food & Wine

’n Lekker bederf spesiaal vir pa

Vadersdag is een van daardie lekker dae waarop pa’s bederf word om vir hom te wys hoe spesiaal hy regtig is. Pa’s gee hulself en hul liefde sonder ophou.

Hier is ’n uittreksel van ’n kind wat ’n pa beskryf, “Pa’s werk baie hart en het baie papier gelt. Pa’s hou baie van teevee kyk op Saterdae. Pa’s wil laat slaap op Sondae. Pa’s maak braaivlys vir kos en is sterk en sê hille is die baas. Pa’s het visstokke, grawe en baie anner goet in die graatsh en hille vee nie en stof nie af nie…”

Dié heerlike resep word vandeesmaand deur Anelli’s Tea Garden met Get It lesers gedeel. Die heerlike koek of nagereg kan ook by hulle bestel word en op Vadersdag kan jy pa daarmee verras. Hulle wens all pa’s seën toe vir Vadersdag.

Vadersdag sjokolade bederf ‘koek’ of ‘nagereg’

DSC_5493 (LL ZN)

Bestanddele

½ Koppie Kakao

1 Koppie koekmeel

¼ Koppie strooisuiker

15 ml bakpoeier

1 eier

2.5ml sout

5ml Vanilla

½ Koppie kookwater

Meng bogenoemde bestanddele saam en bak vir 40 minute in ’n oond wat op 180 grade celsius gestel is.

Sjokoladesous

1 Koppie suiker

1 Blikkie Ideal melk

400g Cadbury sjokolade

100g botter

Smelt saam in kastrol en gooi direk oor warm koek.

Versiering

Klits room styf en vou sjokolade poeier in tot ‘n mousse. Versier bo-op met spuitsak. Spheres of Oreo beskuitjies kan ook gebruik word plus Maraschino Cherries met stammetjies.

 

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.