Competitions

Valentynsdag wenners word behoorlik bederf

Dit was ’n dag, nie net gevul met hartjies, sjokolade en sjampanje nie, maar ook met hope bederfies.

Die wenners van die Get-It se Valentynskompetisie, Sharlene en Morné Verwey het Saterdag 13 Februarie op ’n hoë noot afgeskop.

Terwyl Morné en sy vriend Bankenveld gholfbaan aangedurf het, is Sharlene gepamperlang by Turning Heads en Green Leaf Day Spa.

Onder die bekwame hande van Dot van Rensburg en haar span is haar naels, hare en grimering gedoen. Tussenin het Gezina Coetzer en haar span van Green Leaf Day Spa toegesien dat Sharlene sommer gou tuis voel in die salon. Daar het sy onder andere ’n gesigsbehandelinge en ontspannende massering ontvang.

Primi Piatti in Bankenveld het gesorg dat Morné en sy vriend, wat saam met hom gholf gespeel het, darem nie halftyd wou flou val honger nie. Hulle het al te heerlik gesmul aan die bekende restaurant se heerlike middagete.

Daar is ook vir Sharlene gesorg en Mauritz Dewing, die restaurant se bestuurder, het spesiaal vir haar middagete opgestuur Turning Heads toe.

Morné het Sharlene na die lang dag op die gholfbaan by Green Leaf Day Spa ontmoet en hy kon sy oë nie van sy pragtige vrou afhou nie. Hulle is toe bederf met ’n pedikuur voor hulle weer na Primi Piatti toe is waar ’n heerlike Valentynsete op hulle gewag het.

Baie dankie aan ons borge, Turning Heads, Green Leaf Day Spa, Bankenveld Gholfbaan en ook Primi Piatti Bankenveld wat hierdie kompetisie moontlik gemaak het.

Baie geluk aan ons wenners.

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.