Décor & Gardening

Verras Sinterklaas

Verras Sinterklaas

Verras Sinterklaas hierdie feesseisoen met jou kreatiwiteit deur nuwe lewe aan jou kersversierings te gee met die kreatiewe idees, smaakvolle dekor en oorspronklike geskenke beskikbaar by Ninfa Tuinsentrum.

   026

Gee nuwe sprankel aan jou kersfees dekor, deur alledaagse gebruiksartikels uit die huis en tuin soos mandjies, gieters, lanterns en selfs tuinstewels te kombineer met rooi strikke, blink gekleurde balle, rooi karlien blomme (Poinsettia’s), kerse en feëtjieligte om ‘n warm feestelike atmosfeer te skep.

001

Ons stel voor jy gooi daardie ou stowwerige plastiese kersboom en 1980 se verflenterde tinsel uit en bederf jouself en jou familie met ‘n eg Suid-Afrikaanse kersboom. Die inheemse geelhout (Podocarpus) familie maak ‘n pragtige digte lowergroen kersboom wat na kersfees weer in die tuin geplant kan word of in ‘n groot pot gekweek kan word en dan jaar na jaar as kersboom diens kan doen.

Podocarpus_henkelii_2

As jy avontuurlustig voel of ‘n moderne interieur het sal ‘n dramatiese boom aalwyn (Aloe bainesii) versier met kleurvolle krale stringe en ander oorspronklike versierings  almal aan die praat sit.

Die tuinbankie, spuitfontein, voëlbad en selfs die tuinbogie kan ook ‘n kersfees “makeover” kry om besoekers en selfs verbygangers in vervoering te laat.

016

Knoop groot rooi strikke aan die hoogstamrose op “lollypop” boompies, hang veelkleurige kersfeesballe aan die takke van struike en bome en stapel ‘n paar  in potte by ingange en leef areas vir maksimum impak.

Ryg stringe kersliggies deur struike, potplante en hangmandjies vir addisionele kers sprankel. Die ligstringetjies wat met batterye of son energie werk is veral gerieflik om te gebruik.

029

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.